| Chapter 109 |
1 |
Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie! --
|
2 |
Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong, --
|
3 |
en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg. --
|
4 |
Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid. --
|
5 |
En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde. --
|
6 |
Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand. --
|
7 |
As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word. --
|
8 |
Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem. --
|
9 |
Laat sy kinders wese word en sy vrou 'n weduwee; --
|
10 |
en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af. --
|
11 |
Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak. --
|
12 |
Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie. --
|
13 |
Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag. --
|
14 |
Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie. --
|
15 |
Laat die altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei; --
|
16 |
omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak. --
|
17 |
Ja, hy het die vloek liefgehad en -- dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en -- dit het ver van hom af gebly. --
|
18 |
Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en -- dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente. --
|
19 |
Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind. --
|
20 |
Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my. --
|
21 |
Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my. --
|
22 |
Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste. --
|
23 |
Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan. --
|
24 |
My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet. --
|
25 |
En k het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof. --
|
26 |
Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid, --
|
27 |
sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen. --
|
28 |
Laat hulle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly. --
|
29 |
Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel. --
|
30 |
Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys; --
|
31 |
want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel. --
|