| Chapter 110 |
1 |
Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete. --
|
2 |
U magtige septer sal die HERE uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande. --
|
3 |
U volk sal baie gewillig wees op die dag van u krygsmag; in heilige feesgewade, uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u jong manskappe. --
|
4 |
Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisdek. --
|
5 |
Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn. --
|
6 |
Hy sal 'n strafgerig hou onder die nasies; Hy maak dit vol dooie liggame; Hy verbrysel 'n hoof oor 'n groot land. --
|
7 |
Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal Hy die hoof ophef. --
|