| Chapter 30 |
1 |
'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid. --
|
2 |
Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie. --
|
3 |
HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak. --
|
4 |
HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal. --
|
5 |
Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam; --
|
6 |
want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôre ns is daar gejuig. --
|
7 |
Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie. --
|
8 |
HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg -- ek het verskrik geword! --
|
9 |
Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek: --
|
10 |
Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig? --
|
11 |
Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper! --
|
12 |
U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; [ (Psalms 30:13) sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof. ] --
|