| Chapter 29 |
1 |
'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte! --
|
2 |
Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad! --
|
3 |
Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters. --
|
4 |
Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid. --
|
5 |
Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die L¡banon; --
|
6 |
en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die L¡banon en Sirjon soos 'n jong buffel. --
|
7 |
Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit. --
|
8 |
Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe. --
|
9 |
Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid! --
|
10 |
Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid. --
|
11 |
Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede. --
|