| Chapter 5 |
1 |
Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid. --
|
2 |
o HERE, luister na my woorde, let op my versugting. --
|
3 |
Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek. --
|
4 |
In die môre , HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag. --
|
5 |
Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie. --
|
6 |
Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid. --
|
7 |
U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku. --
|
8 |
Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees. --
|
9 |
HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg. --
|
10 |
Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad. --
|
11 |
Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U. --
|
12 |
Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet. [ (Psalms 5:13) Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild. ] --
|