| Chapter 4 |
1 |
Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid. --
|
2 |
As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! --
|
3 |
o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela. --
|
4 |
Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep. --
|
5 |
Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. --
|
6 |
Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE. --
|
7 |
Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE! --
|
8 |
Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is. [ (Psalms 4:9) Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon. ] --
|