| Chapter 3 |
1 |
Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus, --
|
2 |
wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Moses ook in sy hele huis. --
|
3 |
Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis; --
|
4 |
want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God. --
|
5 |
En Moses was wel getrou in sy hele huis as 'n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word, --
|
6 |
maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou. --
|
7 |
Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, --
|
8 |
verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, --
|
9 |
waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het. --
|
10 |
Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar hulle het my weë nie leer ken nie, --
|
11 |
sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. --
|
12 |
Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. --
|
13 |
Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. --
|
14 |
Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou; --
|
15 |
omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie. --
|
16 |
Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie? --
|
17 |
En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie? --
|
18 |
En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? --
|
19 |
En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie. --
|