| Chapter 7 |
1 |
En die Fariseërs en sommige van die skrifgeleerdes wat van Jerusalem gekom het, het by Hom saamgekom; --
|
2 |
en toe hulle sommige van sy dissipels met onrein, dit is met ongewaste, hande sien brood eet, het hulle dit afgekeur. --
|
3 |
Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense. --
|
4 |
En wanneer hulle van die mark kom, eet hulle nie as hulle nie gewas het nie; en baie ander dinge is daar wat hulle aangeneem het om te onderhou: die wassery van bekers en kanne en kopergoed en bedde. --
|
5 |
Daarop stel die Fariseërs en die skrifgeleerdes Hom die vraag: Waarom wandel u dissipels nie ooreenkomstig die oorlewering van die ou mense nie, maar eet brood met ongewaste hande? --
|
6 |
En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. --
|
7 |
Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. --
|
8 |
Want terwyl julle die gebod van God nalaat, hou julle aan die oorlewering van mense vas: die wassery van kanne en bekers, en ander dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. --
|
9 |
En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou. --
|
10 |
Want Moses het gesê: Eer jou vader en jou moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe. --
|
11 |
Maar julle sê: As 'n mens aan vader of moeder sê: Enige voordeel wat u van my mag geniet, is korban, dit is 'n offergawe -- --
|
12 |
dan laat julle hom nie meer toe om iets vir sy vader of sy moeder te doen nie. --
|
13 |
So maak julle dan die woord van God kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie. --
|
14 |
En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan. --
|
15 |
Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, d¡t is die dinge wat die mens onrein maak. --
|
16 |
As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor! --
|
17 |
En toe Hy van die skare af in 'n huis gekom het, vra sy dissipels Hom oor die gelykenis. --
|
18 |
En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie, --
|
19 |
omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein? --
|
20 |
En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein. --
|
21 |
Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, --
|
22 |
diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. --
|
23 |
Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein. --
|
24 |
En Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie. --
|
25 |
Want 'n vrou wie se dogtertjie 'n onreine gees gehad het, het van Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval. --
|
26 |
En sy was 'n Griekse vrou, 'n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf. --
|
27 |
Maar Jesus sê vir haar: Laat eers die kinders versadig word; want dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en vir die hondjies te gooi nie. --
|
28 |
En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels. --
|
29 |
En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar. --
|
30 |
En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê. --
|
31 |
En Hy het weer uit die gebied van Tirus en Sidon vertrek en na die see van Galila gegaan, deur die gebied van Dek polis. --
|
32 |
Toe bring hulle na Hom 'n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom die hande op te lê. --
|
33 |
En Hy neem hom opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan; --
|
34 |
en nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en sê aan hom: ffata, dit is: Gaan oop! --
|
35 |
En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat. --
|
36 |
En Hy het hulle beveel om dit aan niemand te sê nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer hulle dit verkondig. --
|
37 |
En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy het alles goed gedoen: die dowes laat Hy hoor en die stommes praat. --
|