| Chapter 28 |
1 |
En laat n die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdalna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk. --
|
2 |
En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. --
|
3 |
En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu. --
|
4 |
En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword. --
|
5 |
Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. --
|
6 |
Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; --
|
7 |
en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galila. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê. --
|
8 |
En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel. --
|
9 |
En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom. --
|
10 |
En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galila moet gaan; en daar sal hulle My sien. --
|
11 |
En terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het. --
|
12 |
En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee --
|
13 |
en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was. --
|
14 |
En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is. --
|
15 |
Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe. --
|
16 |
En die elf dissipels het na Galila gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. --
|
17 |
En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel. --
|
18 |
En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. --
|
19 |
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. --
|
20 |
En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. --
|