| Chapter 4 |
1 |
En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos 'n man wat uit die slaap opgewek word. --
|
2 |
En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar 'n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is. --
|
3 |
Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan. --
|
4 |
Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer? --
|
5 |
En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. --
|
6 |
Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubb bel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare. --
|
7 |
Wie is jy, groot berg? Voor Serubb bel sal jy tot 'n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom! --
|
8 |
En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: --
|
9 |
Die hande van Serubb bel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. --
|
10 |
Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe -- die oë van die HERE wat die ganse aarde deurloop -- met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubb bel? --
|
11 |
Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan? --
|
12 |
En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom? --
|
13 |
Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. --
|
14 |
En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan. --
|