| Chapter 64 |
1 |
Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig --
|
2 |
-- soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel -- om u Naam aan u teƫstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe --
|
3 |
wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie -- as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig! --
|
4 |
Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U. --
|
5 |
U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weƫ. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig; in die toestand was ons baie lank, en -- sal ons verlos word? --
|
6 |
En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. --
|
7 |
En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede. --
|
8 |
Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand. --
|
9 |
HERE, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is. --
|
10 |
U heilige stede het 'n woestyn geword; Sion het 'n woestyn geword, Jerusalem 'n wildernis. --
|
11 |
Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword. --
|
12 |
HERE, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk? --
|