| Chapter 20 |
1 |
Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie. --
|
2 |
Die dreiging van die koning is soos die gebrom van 'n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe. --
|
3 |
Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los. --
|
4 |
In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie. --
|
5 |
Die raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van verstand sal dit tog uitskep. --
|
6 |
Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man? --
|
7 |
Wie in sy regskapenheid wandel as 'n regverdige -- gelukkig is sy kinders n hom. --
|
8 |
'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is. --
|
9 |
Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde? --
|
10 |
Twee soorte gewig, twee soorte maat -- hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel. --
|
11 |
Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is. --
|
12 |
'n Oor wat hoor, en 'n oog wat sien -- die HERE het hulle altwee gemaak. --
|
13 |
Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig. --
|
14 |
Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom. --
|
15 |
Daar is goud en 'n menigte korale, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van kennis. --
|
16 |
Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes. --
|
17 |
Soet is vir 'n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies. --
|
18 |
Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg. --
|
19 |
Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie. --
|
20 |
Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood. --
|
21 |
'n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is -- die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie. --
|
22 |
Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help. --
|
23 |
Twee soorte gewig is vir die HERE 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie goed nie. --
|
24 |
Die voetstappe van 'n man hang van die HERE af: hoe sou 'n mens dan sy weg verstaan? --
|
25 |
Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers n die geloftes te oorweeg. --
|
26 |
'n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai. --
|
27 |
Die gees van die mens is 'n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste. --
|
28 |
Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon. --
|
29 |
Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare. --
|
30 |
Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste. --
|