| Chapter 15 |
1 |
'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom. --
|
2 |
Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel. --
|
3 |
Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies. --
|
4 |
Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees. --
|
5 |
Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys. --
|
6 |
In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring. --
|
7 |
Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie. --
|
8 |
Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. --
|
9 |
Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief. --
|
10 |
'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe. --
|
11 |
Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders! --
|
12 |
Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie. --
|
13 |
'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig. --
|
14 |
Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om. --
|
15 |
Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees. --
|
16 |
Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby. --
|
17 |
Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby. --
|
18 |
'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar. --
|
19 |
Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak. --
|
20 |
'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder. --
|
21 |
Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit. --
|
22 |
Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand. --
|
23 |
'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd! --
|
24 |
Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk. --
|
25 |
Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas. --
|
26 |
Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein. --
|
27 |
Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe. --
|
28 |
Die hart van die regverdige dink n om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel. --
|
29 |
Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy. --
|
30 |
Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet. --
|
31 |
Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef. --
|
32 |
Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand. --
|
33 |
Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf. --
|