| Chapter 13 |
1 |
'n Wyse seun luister na die tug van die vader, maar 'n spotter hoor nie na berisping nie. --
|
2 |
Van die vrug van iemand se mond eet hy die goeie, maar die begeerte van die ontroues is 'n daad van geweld. --
|
3 |
Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang. --
|
4 |
Die siel van die luiaard begeer, en daar is niks nie, maar die siel van die vlytiges word versadig. --
|
5 |
Die regverdige haat leuentaal, maar die goddelose maak gehaat en handel skandelik. --
|
6 |
Geregtigheid bewaar die regskapene van wandel, maar goddeloosheid bring die sondaar tot 'n val. --
|
7 |
Daar is een wat hom ryk hou, en hy het glad niks nie; een wat hom arm hou, en hy het baie goed. --
|
8 |
Die losprys vir die lewe van 'n man is sy rykdom, maar die arme hoor geen dreigement nie. --
|
9 |
Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood. --
|
10 |
Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid. --
|
11 |
Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer. --
|
12 |
'n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar 'n wens wat uitkom, is 'n lewensboom. --
|
13 |
Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding. --
|
14 |
Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk. --
|
15 |
'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard. --
|
16 |
Elke skrandere handel met kennis, maar die dwaas strooi sotheid rond. --
|
17 |
'n Goddelose boodskapper val in die ongeluk, maar 'n betroubare boodskapper is 'n gerusstelling. --
|
18 |
Armoede en skande is vir hom wat die tug verwerp; maar hy wat die teregwysing in ag neem, word geëer. --
|
19 |
'n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is 'n gruwel vir die dwase. --
|
20 |
Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg. --
|
21 |
Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde. --
|
22 |
'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre. --
|
23 |
Die braakland van die armes lewer oorvloedig spys op, maar daar is wat deur ongeregtigheid verlore gaan. --
|
24 |
Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging. --
|
25 |
Die regverdige eet totdat hy versadig is; maar die maag van die goddelose ly gebrek. --
|