| Chapter 11 |
1 |
'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae. --
|
2 |
Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid. --
|
3 |
Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle. --
|
4 |
Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood. --
|
5 |
Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid. --
|
6 |
Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang. --
|
7 |
By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan. --
|
8 |
Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek. --
|
9 |
Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered. --
|
10 |
Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel. --
|
11 |
Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek. --
|
12 |
Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil. --
|
13 |
Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak. --
|
14 |
As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. --
|
15 |
Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig. --
|
16 |
'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom. --
|
17 |
'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees. --
|
18 |
Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon. --
|
19 |
Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood. --
|
20 |
Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is. --
|
21 |
Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry. --
|
22 |
'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid. --
|
23 |
Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn. --
|
24 |
Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. --
|
25 |
Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf. --
|
26 |
Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop. --
|
27 |
Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom. --
|
28 |
Wie op sy rykdom vertrou, die sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit. --
|
29 |
Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is. --
|
30 |
Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys. --
|
31 |
As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar! --
|