| Chapter 8 |
1 |
Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie? --
|
2 |
Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy, --
|
3 |
aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop: --
|
4 |
Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders. --
|
5 |
Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan. --
|
6 |
Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is. --
|
7 |
Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel. --
|
8 |
Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie, --
|
9 |
hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het. --
|
10 |
Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud. --
|
11 |
Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. --
|
12 |
Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg. --
|
13 |
Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek. --
|
14 |
Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne. --
|
15 |
Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is; --
|
16 |
deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde. --
|
17 |
k het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind. --
|
18 |
Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid. --
|
19 |
My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer. --
|
20 |
Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg, --
|
21 |
om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol. --
|
22 |
Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af. --
|
23 |
Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af. --
|
24 |
Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie; --
|
25 |
voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore; --
|
26 |
toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie. --
|
27 |
Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed; --
|
28 |
toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het; --
|
29 |
toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het -- --
|
30 |
toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd, --
|
31 |
en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders. --
|
32 |
Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar. --
|
33 |
Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie. --
|
34 |
Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou. --
|
35 |
Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE. --
|
36 |
Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief. --
|