| Chapter 7 |
1 |
My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou; --
|
2 |
onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel; --
|
3 |
bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart. --
|
4 |
Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling, --
|
5 |
sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei. --
|
6 |
Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk, --
|
7 |
en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n verstandelose jongman opgemerk, --
|
8 |
wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap, --
|
9 |
in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker. --
|
10 |
En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart -- --
|
11 |
sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie -- --
|
12 |
nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer. --
|
13 |
En sy het hom gegryp en hom gesoen, met 'n onbeskaamde gesig vir hom gesê: --
|
14 |
Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal; --
|
15 |
daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry. --
|
16 |
Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne; --
|
17 |
ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel -- --
|
18 |
kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste. --
|
19 |
Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan, --
|
20 |
die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom. --
|
21 |
Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. --
|
22 |
Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot, --
|
23 |
totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg -- sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is. --
|
24 |
Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. --
|
25 |
Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. --
|
26 |
Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. --
|
27 |
Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood. --
|