| Chapter 149 |
1 |
Halleluja! Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof in die vergadering van die gunsgenote! --
|
2 |
Laat Israel hom verheug in sy Maker; laat die kinders van Sion juig oor hulle Koning! --
|
3 |
Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryn en siter. --
|
4 |
Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil. --
|
5 |
Laat die gunsgenote juig in heerlikheid; laat hulle jubel op hul bedde. --
|
6 |
Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand; --
|
7 |
om wraak te oefen onder die heidene, strafgerigte onder die volke; --
|
8 |
om hulle konings met kettings te bind en hulle edeles met ysterboeie; --
|
9 |
om 'n vonnis wat opgeskrywe is, aan hulle te voltrek. 'n Eer is dit vir al sy gunsgenote! Halleluja! --
|