| Chapter 144 |
1 |
'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer -- --
|
2 |
my goedertierenheid en my bergvesting, my skans en my redder, my skild en die Een by wie ek skuil, wat my volk aan my onderwerp. --
|
3 |
o HERE, wat is die mens dat U hom ken, die mensekind dat U op hom ag gee? --
|
4 |
Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos 'n vlugtige skaduwee. --
|
5 |
Buig u hemele, HERE, en daal neer; raak die berge aan, dat hulle rook! --
|
6 |
Slinger bliksems en verstrooi hulle; stuur u pyle uit en verwar hulle! --
|
7 |
Strek uit die hoogte u hande uit; ruk my uit, en red my uit groot waters, uit die hand van vreemdes, --
|
8 |
wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is. --
|
9 |
o God, ek wil 'n nuwe lied sing tot u eer, op die tiensnarige harp wil ek U psalmsing. --
|
10 |
U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard. --
|
11 |
Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand 'n regterhand van bedrog is; --
|
12 |
sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis; --
|
13 |
dat ons skure vol mag wees, wat allerhande soorte voorraad oplewer; ons kleinvee by duisende mag aanteel, by tien duisende vermeerder word op ons velde; --
|
14 |
ons beeste gelaai mag wees; geen bres in ons mure en geen uittog daaruit, en geen geskreeu op ons pleine nie. --
|
15 |
Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is! --
|