| Chapter 143 |
1 |
'n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid. --
|
2 |
En gaan nie na die gereg met u kneg nie, want niemand wat leef, is voor u aangesig regverdig nie. --
|
3 |
Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is. --
|
4 |
En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste. --
|
5 |
Ek dink aan die dae uit die voortyd; ek peins oor al u dade; ek dink n oor die werk van u hande. --
|
6 |
Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos 'n uitgedorde land. Sela. --
|
7 |
Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie. --
|
8 |
Laat my u goedertierenheid in die môre hoor, want op U vertrou ek; maak my bekend die pad wat ek moet gaan, want ek hef my siel op tot U. --
|
9 |
Red my van my vyande, HERE! By U skuil ek. --
|
10 |
Leer my om u welbehae te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei in 'n gelyk land. --
|
11 |
o HERE, maak my lewend om u Naam ontwil; lei my siel uit die benoudheid, in u geregtigheid. --
|
12 |
En vernietig my vyande in u goedertierenheid, en bring hulle almal om wat my as vyand behandel; want ek is u kneg. --
|