| Chapter 136 |
1 |
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
2 |
Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
3 |
Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid -- --
|
4 |
Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
5 |
Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
6 |
Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
7 |
Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
8 |
Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
9 |
Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
10 |
Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
11 |
En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
12 |
Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
13 |
Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
14 |
En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
15 |
En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
16 |
Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
17 |
Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
18 |
En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
19 |
Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
20 |
En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
21 |
En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
22 |
As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
23 |
Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
24 |
En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
25 |
Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|
26 |
Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid. --
|