| Chapter 130 |
1 |
'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE! --
|
2 |
Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. --
|
3 |
As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? --
|
4 |
Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. --
|
5 |
Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. --
|
6 |
My siel wag op die Here meer as wagters op die môre , wagters op die môre . --
|
7 |
Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; --
|
8 |
en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede. --
|