| Chapter 127 |
1 |
'n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. --
|
2 |
Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet -- net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap! --
|
3 |
Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. --
|
4 |
Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug. --
|
5 |
Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie. --
|