| Chapter 119 |
1 |
Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel. --
|
2 |
Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; --
|
3 |
ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel. --
|
4 |
U het u bevele gegee om dit trou te onderhou. --
|
5 |
Ag, was my weë maar vas om u insettinge te onderhou! --
|
6 |
Dan sal ek nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie. --
|
7 |
Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek u regverdige verordeninge leer. --
|
8 |
Ek sal u insettinge onderhou; verlaat my nie geheel en al nie. --
|
9 |
Bet. Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord. --
|
10 |
Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie. --
|
11 |
Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie. --
|
12 |
Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge! --
|
13 |
Ek het met my lippe vertel al die verordeninge van u mond. --
|
14 |
Ek is vrolik in die weg van u getuienisse soos oor allerhande rykdom. --
|
15 |
Ek wil u bevele oordink en op u paaie let. --
|
16 |
Ek sal my verlustig in u insettinge, u woord sal ek nie vergeet nie. --
|
17 |
Gimel. Doen goed aan u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar. --
|
18 |
Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet. --
|
19 |
Ek is 'n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie. --
|
20 |
My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur. --
|
21 |
U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie afdwaal. --
|
22 |
Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar. --
|
23 |
Al sit vorste en beraadslaag teen my -- u kneg oordink u insettinge. --
|
24 |
Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne. --
|
25 |
Dalet. My siel kleef aan die stof; maak my lewend na u woord. --
|
26 |
My weë het ek vertel, en U het my verhoor; leer my u insettinge! --
|
27 |
Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink. --
|
28 |
My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord. --
|
29 |
Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet. --
|
30 |
Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel. --
|
31 |
Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie! --
|
32 |
Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart. --
|
33 |
He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar. --
|
34 |
Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte. --
|
35 |
Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek 'n behae. --
|
36 |
Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie. --
|
37 |
Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë. --
|
38 |
Vervul aan u kneg u belofte wat pas by u vrees. --
|
39 |
Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is goed. --
|
40 |
Gewis, ek het 'n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid. --
|
41 |
Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte, --
|
42 |
sodat ek my smader iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord. --
|
43 |
En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek. --
|
44 |
Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd, --
|
45 |
en in die ruimte wandel, want ek soek u bevele. --
|
46 |
Ook wil ek voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie. --
|
47 |
En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet, --
|
48 |
en my hande ophef na u gebooie wat ek liefhet, en u insettinge oordink. --
|
49 |
Sajin. Gedenk die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het. --
|
50 |
Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak. --
|
51 |
Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie. --
|
52 |
Ek het gedink, o HERE, aan u oordele van ouds, en ek het my getroos. --
|
53 |
Toorngloed het my aangegryp vanweë die goddelose wat u wet verlaat. --
|
54 |
U insettinge was gesange vir my in die huis van my vreemdelingskap. --
|
55 |
HERE, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou. --
|
56 |
Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het. --
|
57 |
Get. Die HERE is my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar. --
|
58 |
Ek het U van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u belofte. --
|
59 |
Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse. --
|
60 |
Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou. --
|
61 |
Die strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie. --
|
62 |
Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge. --
|
63 |
Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou. --
|
64 |
HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge. --
|
65 |
Tet. U het goed gedoen aan u kneg, HERE, na u woord. --
|
66 |
Leer my 'n goeie insig en kennis, want ek glo aan u gebooie. --
|
67 |
Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord. --
|
68 |
U is goed en doen goed; leer my u insettinge. --
|
69 |
Vermeteles het my leuens toegedig; maar k bewaar van ganser harte u bevele. --
|
70 |
Hulle hart is ongevoelig soos vet; maar k verlustig my in u wet. --
|
71 |
Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer. --
|
72 |
Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer. --
|
73 |
Jod. U hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer. --
|
74 |
Die wat U vrees, sien my, en hulle is bly; want op u woord wag ek. --
|
75 |
Ek weet, HERE, dat u oordele regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het. --
|
76 |
Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg. --
|
77 |
Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is my verlustiging. --
|
78 |
Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar k oordink u bevele. --
|
79 |
Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat u getuienisse ken. --
|
80 |
Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie. --
|
81 |
Kaf. My siel smag na u heil; op u woord wag ek. --
|
82 |
My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U my vertroos? --
|
83 |
Want ek het geword soos 'n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie. --
|
84 |
Hoeveel sal die dae van u kneg wees? Wanneer sal U gerig oefen onder my vervolgers? --
|
85 |
Vermeteles het vir my kuile gegrawe, hulle wat nie lewe na u wet nie. --
|
86 |
Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my! --
|
87 |
Hulle het my amper vernietig op die aarde; maar k het u bevele nie verlaat nie. --
|
88 |
Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou. --
|
89 |
Lamed. Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele. --
|
90 |
U trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan. --
|
91 |
Volgens u verordeninge bly hulle vandag nog staan, want alle dinge is u knegte. --
|
92 |
As u wet nie my verlustiging was nie, dan het ek omgekom in my ellende. --
|
93 |
Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak. --
|
94 |
Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele. --
|
95 |
Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse. --
|
96 |
Aan alle volmaaktheid het ek 'n einde gesien, maar u gebod is baie wyd. --
|
97 |
Mem. Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag. --
|
98 |
U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig. --
|
99 |
Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing. --
|
100 |
Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele. --
|
101 |
Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar. --
|
102 |
Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want U het my geleer. --
|
103 |
Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond. --
|
104 |
Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad. --
|
105 |
Noen. U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig vir my pad. --
|
106 |
Ek het gesweer, en dit gehou, om u regverdige verordeninge te onderhou. --
|
107 |
Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord! --
|
108 |
Laat tog die vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge. --
|
109 |
My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie. --
|
110 |
Die goddelose het vir my 'n vangnet gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie. --
|
111 |
Ek het u getuienisse vir ewig as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart. --
|
112 |
Ek het my hart geneig, om u insettinge te betrag, vir ewig, tot die einde toe. --
|
113 |
Samek. Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief. --
|
114 |
U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek. --
|
115 |
Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar! --
|
116 |
Ondersteun my volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie. --
|
117 |
Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge let. --
|
118 |
U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is leuens. --
|
119 |
U ruim al die goddelose van die aarde weg soos skuim; daarom het ek u getuienisse lief. --
|
120 |
My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele. --
|
121 |
Ajin. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie. --
|
122 |
Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie. --
|
123 |
My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid. --
|
124 |
Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge. --
|
125 |
Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken. --
|
126 |
Dit is tyd vir die HERE om te handel: hulle het u wet verbreek. --
|
127 |
Daarom het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud. --
|
128 |
Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek. --
|
129 |
Pe. U getuienisse is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle. --
|
130 |
Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig. --
|
131 |
Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie verlang ek. --
|
132 |
Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet. --
|
133 |
Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie. --
|
134 |
Verlos my van die mens se verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou. --
|
135 |
Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge. --
|
136 |
My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie. --
|
137 |
Sade. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge. --
|
138 |
In geregtigheid het U u getuienisse beveel en in louter trou. --
|
139 |
My ywer verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het. --
|
140 |
U woord is deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief. --
|
141 |
Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie. --
|
142 |
U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid. --
|
143 |
Benoudheid en angs het my getref, maar u gebooie is my verlustiging. --
|
144 |
U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe. --
|
145 |
Kof. Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar. --
|
146 |
Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou. --
|
147 |
Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek. --
|
148 |
My oë is die nagwake voor om u woord te oordink. --
|
149 |
Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u verordeninge. --
|
150 |
Hulle kom nader wat skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is. --
|
151 |
U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid. --
|
152 |
Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat U hulle vir ewig gegrond het. --
|
153 |
Resj. Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie. --
|
154 |
Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte. --
|
155 |
Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie. --
|
156 |
HERE, u barmhartighede is menigvuldig; maak my lewend volgens u verordeninge. --
|
157 |
My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie. --
|
158 |
Ek het diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie. --
|
159 |
Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid. --
|
160 |
Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid. --
|
161 |
Sin, Sjin. Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar my hart vrees vir u woord. --
|
162 |
Ek is vrolik oor u belofte soos een wat 'n groot buit vind. --
|
163 |
Leuens haat ek en het daar 'n afsku van; u wet het ek lief. --
|
164 |
Ek loof u sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge. --
|
165 |
Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie. --
|
166 |
o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie. --
|
167 |
My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief. --
|
168 |
Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U. --
|
169 |
Tau. o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord. --
|
170 |
Laat my smeking voor u aangesig kom; red my volgens u belofte. --
|
171 |
My lippe sal lofsange laat uitstroom, want U leer my u insettinge. --
|
172 |
My tong sal u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid. --
|
173 |
Laat u hand my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies. --
|
174 |
o HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging. --
|
175 |
Laat my siel lewe, dat dit U kan loof; en laat u gerigte my help. --
|
176 |
Ek het gedwaal soos 'n verlore skaap; soek u kneg, want u gebooie vergeet ek nie. --
|