| Chapter 118 |
1 |
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! --
|
2 |
Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! --
|
3 |
Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! --
|
4 |
Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is! --
|
5 |
Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte. --
|
6 |
Die HERE is v¡r my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen? --
|
7 |
Die HERE is v¡r my as my helper; so sal k dan neersien op die wat my haat. --
|
8 |
Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. --
|
9 |
Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou. --
|
10 |
Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. --
|
11 |
Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. --
|
12 |
Hulle het my omsingel soos bye -- hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het. --
|
13 |
Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp. --
|
14 |
Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword. --
|
15 |
'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade. --
|
16 |
Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade. --
|
17 |
Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel. --
|
18 |
Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie. --
|
19 |
Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof. --
|
20 |
Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan. --
|
21 |
Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het. --
|
22 |
Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword. --
|
23 |
Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë. --
|
24 |
Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. --
|
25 |
Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed! --
|
26 |
Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE. --
|
27 |
Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar. --
|
28 |
U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog. --
|
29 |
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! --
|