| Chapter 115 |
1 |
Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil. --
|
2 |
Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God? --
|
3 |
terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag. --
|
4 |
Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande. --
|
5 |
Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; --
|
6 |
ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie; --
|
7 |
hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie. --
|
8 |
Die wat hulle maak, sal net soos hulle word -- elkeen wat op hulle vertrou. --
|
9 |
Israel, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild! --
|
10 |
Huis van Aäron, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild! --
|
11 |
Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild. --
|
12 |
Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën. --
|
13 |
Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes. --
|
14 |
Die HERE sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders. --
|
15 |
Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het. --
|
16 |
Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee. --
|
17 |
Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie; --
|
18 |
maar ons sal die HERE prys, van nou af tot in ewigheid. Halleluja! --
|