| Chapter 114 |
1 |
Toe Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal, --
|
2 |
het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied. --
|
3 |
Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk. --
|
4 |
Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers. --
|
5 |
Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk? --
|
6 |
o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers? --
|
7 |
Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob, --
|
8 |
wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein! --
|