| Chapter 107 |
1 |
Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! --
|
2 |
Dit moet die verlostes van die HERE sê, wat Hy uit die nood verlos het --
|
3 |
en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van die see af. --
|
4 |
Hulle het gedwaal in die woestyn, op woeste paaie; 'n stad om in te woon het hulle nie gevind nie. --
|
5 |
Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle versmag. --
|
6 |
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered. --
|
7 |
En Hy het hulle gelei op 'n regte pad om te gaan na 'n stad om in te woon. --
|
8 |
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; --
|
9 |
want Hy het die dorstige siel versadig en die hongerige siel met die goeie vervul. --
|
10 |
Die wat in duisternis en doodskaduwee gesit het, gevang in ellende en ysters -- --
|
11 |
omdat hulle wederstrewig was teen die woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het, --
|
12 |
het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie. --
|
13 |
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. --
|
14 |
Hy het hulle uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek. --
|
15 |
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; --
|
16 |
want Hy het koperdeure verbreek en ystergrendels stukkend geslaan. --
|
17 |
Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is -- --
|
18 |
hulle siel het 'n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom. --
|
19 |
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos. --
|
20 |
Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile red. --
|
21 |
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; --
|
22 |
en laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel. --
|
23 |
Die wat na die see toe afdaal in skepe, wat handel drywe op die groot waters -- --
|
24 |
hulle het die werke van die HERE gesien en sy wonders in die diepte. --
|
25 |
Want Hy het gespreek en 'n stormwind laat opsteek wat die golwe daarvan opgesweep het. --
|
26 |
Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes -- hulle siel het vergaan van wee. --
|
27 |
Hulle het getuimel en gewaggel soos 'n dronk man, en al hulle wysheid is verwar. --
|
28 |
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei. --
|
29 |
Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. --
|
30 |
Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte. --
|
31 |
Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders. --
|
32 |
En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die kring van die oudstes. --
|
33 |
Hy het riviere 'n woestyn gemaak en waterfonteine 'n dorsland, --
|
34 |
vrugbare land 'n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon. --
|
35 |
Hy het die woestyn 'n waterplas gemaak en die dor land waterfonteine; --
|
36 |
en Hy het hongeriges daar laat bly, en hulle het 'n stad gestig om in te woon. --
|
37 |
En hulle het lande gesaai en wingerde geplant wat vrugte as opbrings verskaf het. --
|
38 |
En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee het Hy nie min gemaak nie. --
|
39 |
Toe het hulle min geword en weggesink deur die druk van onheil en kommer -- --
|
40 |
Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad -- --
|
41 |
Hy het die behoeftige beskerm teen verdrukking en die geslagte soos kuddes gemaak. --
|
42 |
Die opregtes sien dit en is bly, maar alle ongeregtigheid hou sy mond toe. --
|
43 |
Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE. --
|