| Chapter 103 |
1 |
'n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! --
|
2 |
Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! --
|
3 |
Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, --
|
4 |
wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, --
|
5 |
wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos die van 'n arend. --
|
6 |
Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word. --
|
7 |
Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade. --
|
8 |
Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid. --
|
9 |
Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie. --
|
10 |
Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie. --
|
11 |
Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees. --
|
12 |
So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons. --
|
13 |
Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees. --
|
14 |
Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is. --
|
15 |
Die mens -- soos die gras is sy dae; soos 'n blom van die veld, so bloei hy. --
|
16 |
As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie. --
|
17 |
Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders, --
|
18 |
vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om die te doen. --
|
19 |
Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles. --
|
20 |
Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! --
|
21 |
Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen! --
|
22 |
Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel! --
|