| Chapter 97 |
1 |
Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees! --
|
2 |
Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon. --
|
3 |
'n Vuur gaan voor sy aangesig uit en steek sy teëstanders rondom aan die brand. --
|
4 |
Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe. --
|
5 |
Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde. --
|
6 |
Die hemele verkondig sy geregtigheid, en al die volke sien sy heerlikheid. --
|
7 |
Beskaamd staan almal wat die beelde dien, wat hulle op afgode beroem; al die gode buig hulle voor Hom neer. --
|
8 |
Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE! --
|
9 |
Want U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode. --
|
10 |
o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose. --
|
11 |
Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart. --
|
12 |
o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam! --
|