| Chapter 96 |
1 |
Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; sing voor die HERE, o ganse aarde! --
|
2 |
Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag. --
|
3 |
Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders. --
|
4 |
Want die HERE is groot en baie lofwaardig; Hy is gedug bo al die gode. --
|
5 |
Want al die gode van die volke is afgode, maar die HERE het die hemele gemaak. --
|
6 |
Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom. --
|
7 |
Gee aan die HERE, o geslagte van die volke, gee aan die HERE eer en sterkte. --
|
8 |
Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom in sy voorhowe. --
|
9 |
Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde! --
|
10 |
Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel. --
|
11 |
Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis. --
|
12 |
Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel --
|
13 |
voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou. --
|