| Chapter 92 |
1 |
'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag. --
|
2 |
Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste, --
|
3 |
om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte; --
|
4 |
by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter. --
|
5 |
Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande. --
|
6 |
Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes! --
|
7 |
'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie: --
|
8 |
as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg. --
|
9 |
Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, HERE! --
|
10 |
Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word. --
|
11 |
Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf. --
|
12 |
En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan. --
|
13 |
Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die L¡banon. --
|
14 |
Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God. --
|
15 |
In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees, [ (Psalms 92:16) om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie. ] --
|