| Chapter 87 |
1 |
Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge. --
|
2 |
Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob. --
|
3 |
Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela. --
|
4 |
Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filista en Tirus saam met Kus -- hierdie een is daar gebore. --
|
5 |
En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand. --
|
6 |
Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela. --
|
7 |
En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou! --
|