| Chapter 82 |
1 |
'n Psalm van Asaf. God staan in die vergadering van die gode; Hy hou gerig te midde van die gode. --
|
2 |
Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense? Sela. --
|
3 |
Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg. --
|
4 |
Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense. --
|
5 |
Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel. --
|
6 |
Ek self het gesĂȘ: Julle is gode, en julle is almal seuns van die Allerhoogste -- --
|
7 |
nogtans sal julle sterwe soos mense, en soos een van die vorste sal julle val. --
|
8 |
Staan op, o God, oordeel die aarde! Want U het erfbesit van al die nasies. --
|