| Chapter 79 |
1 |
'n Psalm van Asaf. o God, heidene het gekom in u erfdeel, hulle het u heilige tempel verontreinig, Jerusalem tot puinhope gemaak. --
|
2 |
Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land. --
|
3 |
Hulle het hulle bloed rondom Jerusalem soos water uitgegiet sonder dat iemand hulle begrawe. --
|
4 |
Ons het vir ons bure 'n smaad geword, 'n spot en beskimping vir die wat rondom ons is. --
|
5 |
Hoe lank, HERE, sal U vir ewig toornig wees, sal u ywer brand soos 'n vuur? --
|
6 |
Stort u grimmigheid uit oor die heidene wat U nie ken nie, en oor die koninkryke wat u Naam nie aanroep nie. --
|
7 |
Want hulle het Jakob verteer en sy woning verwoes. --
|
8 |
Reken ons die ongeregtighede van die voorvaders nie toe nie; laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak. --
|
9 |
Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam. --
|
10 |
Waarom sou die heidene sê: Waar is hulle God? Laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte. --
|
11 |
Laat die gesug van die gevangene voor u aangesig kom; laat die kinders van die dood oorbly na die grootheid van u arm. --
|
12 |
En vergeld ons bure sewevoudig in hulle skoot die smaad waarmee hulle U, o Here, gesmaad het. --
|
13 |
En ons, u volk en die skape van u weide, ons sal U vir ewig loof, van geslag tot geslag sal ons u lof vertel. --
|