| Chapter 76 |
1 |
Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied. --
|
2 |
God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel. --
|
3 |
Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning. --
|
4 |
Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela. --
|
5 |
Glansryk is U, heerlik van die roofberge af! --
|
6 |
Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie. --
|
7 |
Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak. --
|
8 |
U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het? --
|
9 |
Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword, --
|
10 |
toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela. --
|
11 |
Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself. --
|
12 |
Doen geloftes en betaal die aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike, [ (Psalms 76:13) wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde. ] --
|