| Chapter 72 |
1 |
Van Salomo. o God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning. --
|
2 |
Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg. --
|
3 |
Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid. --
|
4 |
Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel. --
|
5 |
Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag. --
|
6 |
Hy sal neerdaal soos reën op die grasveld, soos buie -- 'n swaar reën op die aarde. --
|
7 |
In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie. --
|
8 |
En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde. --
|
9 |
Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek. --
|
10 |
Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring. --
|
11 |
Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien. --
|
12 |
Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie. --
|
13 |
Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red. --
|
14 |
Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë. --
|
15 |
Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën! --
|
16 |
Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die L¡banon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde! --
|
17 |
Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseënword, hom gelukkig prys! --
|
18 |
Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen! --
|
19 |
En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen. --
|
20 |
Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai. --
|