| Chapter 48 |
1 |
'n Lied. 'n Psalm van die kinders van Korag. --
|
2 |
Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg! --
|
3 |
Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning! --
|
4 |
God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting. --
|
5 |
Want kyk, die konings het bymekaargekom, tesame opgetrek. --
|
6 |
Skaars het hulle dit gesien, of hulle het verstom, verskrik geword, in angs weggevlug. --
|
7 |
Bewing het hulle daar aangegryp, smart soos van een wat baar. --
|
8 |
Deur die oostewind verbreek U die skepe van Tarsis. --
|
9 |
Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leƫrskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela. --
|
10 |
o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel. --
|
11 |
Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid. --
|
12 |
Laat die berg Sion bly wees, laat die dogters van Juda juig oor u oordele. --
|
13 |
Gaan rondom Sion, trek daaromheen, tel sy torings; --
|
14 |
let op sy skanse, wandel deur sy paleise, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel, [ (Psalms 48:15) dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hy sal ons lei tot die dood toe. ] --
|