| Chapter 46 |
1 |
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied. --
|
2 |
God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. --
|
3 |
Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. --
|
4 |
Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela. --
|
5 |
Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste. --
|
6 |
God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek. --
|
7 |
Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe. --
|
8 |
Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. --
|
9 |
Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring, --
|
10 |
wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand. --
|
11 |
Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. [ (Psalms 46:12) Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela. ] --
|