| Chapter 42 |
1 |
Vir die musiekleier. 'n Onderwysing van die kinders van Korag. --
|
2 |
Soos 'n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! --
|
3 |
My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn? --
|
4 |
My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? --
|
5 |
Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof -- 'n feesvierende menigte! --
|
6 |
Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van sy aangesig! --
|
7 |
o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af. --
|
8 |
Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. --
|
9 |
Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe. --
|
10 |
Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking? --
|
11 |
Met 'n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die hele dag vir my sê: Waar is jou God? [ (Psalms 42:12) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek sal Hom nog loof -- die verlossing van my aangesig en my God! ] --
|