| Chapter 35 |
1 |
'n Psalm van Dawid. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry! --
|
2 |
Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp! --
|
3 |
En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil! --
|
4 |
Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word! --
|
5 |
Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot. --
|
6 |
Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg! --
|
7 |
Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe. --
|
8 |
Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting! --
|
9 |
Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil. --
|
10 |
Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower! --
|
11 |
Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my. --
|
12 |
Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel. --
|
13 |
En ek -- toe hulle siek was, het ek 'n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem. --
|
14 |
Ek het rondgegaan asof dit 'n vriend, asof dit 'n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur. --
|
15 |
Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou. --
|
16 |
Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my. --
|
17 |
Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af. --
|
18 |
Ek sal U loof in 'n groot vergadering; onder 'n groot skare sal ek U prys. --
|
19 |
Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie! --
|
20 |
Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land. --
|
21 |
En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien! --
|
22 |
HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie! --
|
23 |
Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak. --
|
24 |
Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie! --
|
25 |
Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie! --
|
26 |
Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word! --
|
27 |
Laat hulle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg! --
|
28 |
En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur. --
|