| Chapter 19 |
1 |
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. --
|
2 |
Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande. --
|
3 |
Die een dag stort vir die ander 'n boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan: --
|
4 |
daar is geen spraak en daar is geen woorde nie -- onhoorbaar is hulle stem. --
|
5 |
Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak; --
|
6 |
en die is soos 'n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos 'n held om die pad te loop. --
|
7 |
Sy uitgang is van die einde van die hemel af, en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie. --
|
8 |
Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige. --
|
9 |
Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë. --
|
10 |
Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid -- tesame is hulle regverdig. --
|
11 |
Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop. --
|
12 |
Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon. --
|
13 |
Die afdwalinge -- wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is. --
|
14 |
Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding. [ (Psalms 19:15) Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser! ] --
|