| Chapter 14 |
1 |
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie. --
|
2 |
Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra. --
|
3 |
Hulle het almal afgewyk, tesame het hulle ontaard; daar is niemand wat goed doen, ook nie een nie. --
|
4 |
Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie. --
|
5 |
D r het skrik hulle oorweldig, want God is by die regverdige geslag. --
|
6 |
Die raad van die ellendige -- julle kan dit tot skande maak; waarlik, die HERE is sy toevlug. --
|
7 |
Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees. --
|