| Chapter 11 |
1 |
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël! --
|
2 |
Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die donker te skiet na die opregtes van hart. --
|
3 |
As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? --
|
4 |
Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders. --
|
5 |
Die HERE toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. --
|
6 |
Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees. --
|
7 |
Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien. --
|