| Chapter 7 |
1 |
Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet. --
|
2 |
HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my; --
|
3 |
sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie. --
|
4 |
HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is, --
|
5 |
as ek hom kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was, --
|
6 |
mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela. --
|
7 |
Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het! --
|
8 |
En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte! --
|
9 |
Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is. --
|
10 |
Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God! --
|
11 |
My skild is by God wat die opregtes van hart verlos. --
|
12 |
God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is. --
|
13 |
As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee --
|
14 |
en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens. --
|
15 |
Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens. --
|
16 |
Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het. --
|
17 |
Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer. [ (Psalms 7:18) Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing. ] --
|