| Chapter 35 |
1 |
Verder het El¡hu aangehef en gesê: --
|
2 |
Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God, --
|
3 |
dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig? --
|
4 |
k sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u. --
|
5 |
Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is. --
|
6 |
As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen? --
|
7 |
As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem? --
|
8 |
U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind. --
|
9 |
Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes. --
|
10 |
Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag, --
|
11 |
wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel? --
|
12 |
Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners. --
|
13 |
Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie. --
|
14 |
Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom. --
|
15 |
Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie, --
|
16 |
maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis. --
|