| Chapter 31 |
1 |
Ek het 'n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou? --
|
2 |
Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes -- --
|
3 |
is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie? --
|
4 |
Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie? --
|
5 |
As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog: --
|
6 |
laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet! --
|
7 |
As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande 'n vlek gekleef het -- --
|
8 |
laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word. --
|
9 |
As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste -- --
|
10 |
laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig. --
|
11 |
Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad. --
|
12 |
Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel. --
|
13 |
As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het -- --
|
14 |
wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen? --
|
15 |
Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie? --
|
16 |
As ek die armes 'n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het --
|
17 |
en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet; --
|
18 |
--
|
19 |
as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie; --
|
20 |
as sy lendene my nie geseënen hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie; --
|
21 |
as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het -- --
|
22 |
laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word. --
|
23 |
Want die ondergang wat God bewerk, was 'n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig. --
|
24 |
As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue! --
|
25 |
As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het; --
|
26 |
as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan, --
|
27 |
en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle 'n kus toegewerp het -- --
|
28 |
ook dit sou 'n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het. --
|
29 |
As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het; --
|
30 |
--
|
31 |
as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie? --
|
32 |
--
|
33 |
as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek, --
|
34 |
omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie! --
|
35 |
Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening laat die Almagtige my antwoord! en die skrif wat my teëparty geskrywe het! --
|
36 |
Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as 'n krans. --
|
37 |
Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as 'n vors sou ek na Hom toe aankom. --
|
38 |
As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween; --
|
39 |
as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het -- --
|
40 |
laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job. --
|