| Chapter 27 |
1 |
En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê: --
|
2 |
So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het -- --
|
3 |
want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus -- --
|
4 |
my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie! --
|
5 |
Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie. --
|
6 |
Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie. --
|
7 |
My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener. --
|
8 |
Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny -- as God sy siel wegneem? --
|
9 |
Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom? --
|
10 |
Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep? --
|
11 |
Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie. --
|
12 |
Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop? --
|
13 |
D¡t is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang: --
|
14 |
as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie. --
|
15 |
Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie. --
|
16 |
As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder -- --
|
17 |
hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer. --
|
18 |
Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak. --
|
19 |
Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en -- is nie meer nie. --
|
20 |
Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg. --
|
21 |
Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek. --
|
22 |
En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug. --
|
23 |
Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek. --
|