| Chapter 17 |
1 |
My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag op my. --
|
2 |
Waarlik, bespottinge is my deel, en op hulle getwis moet my oog rus. --
|
3 |
Gee tog 'n pand, staan borg vir my by U; wie anders sal vir my borgskap verleen? --
|
4 |
Want U het hulle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie. --
|
5 |
Hy wat vriende aanklaag vir 'n buitaandeel -- die oë van sy kinders sal versmag. --
|
6 |
Maar Hy het my 'n spreekwoord vir die mense gemaak, en ek moet iemand wees wat hulle in die gesig spuug. --
|
7 |
Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos 'n skaduwee. --
|
8 |
Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand. --
|
9 |
Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag. --
|
10 |
Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! 'n Wyse vind ek onder julle tog nie. --
|
11 |
My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart. --
|
12 |
Van die nag maak hulle 'n dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisternis. --
|
13 |
As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei, --
|
14 |
die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster, --
|
15 |
waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit? --
|
16 |
Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof. --
|