| Chapter 14 |
1 |
Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus. --
|
2 |
Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie. --
|
3 |
En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg. --
|
4 |
Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine -- nie een nie! --
|
5 |
As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie, --
|
6 |
kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus -- totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag. --
|
7 |
Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie. --
|
8 |
As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof -- --
|
9 |
van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie. --
|
10 |
Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en -- waar is hy? --
|
11 |
Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog -- --
|
12 |
so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie. --
|
13 |
Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink! --
|
14 |
As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom; --
|
15 |
U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang. --
|
16 |
Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie? --
|
17 |
My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg. --
|
18 |
Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek; --
|
19 |
die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens -- U maak dit tot niet. --
|
20 |
U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg. --
|
21 |
Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie. --
|
22 |
Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur. --
|